Meer oor Shaleen Surtie-Richards

Te danke aan haar rolle as Nenna in Egoli, Mattie in Generations, Dorothy in7de Laan en Fran in Villa Rosa, is die geliefde aktrise Shaleen Surtie-Richards ‘n bona fide sepiekoningin. Daar is egter baie meer aan haar as net “sepie ster”. Sy is ook ‘n bekroonde teateraktrise en rolprentster.

Ruda en Shaleen kuier op die superluukse Rovos Rail.
Ruda en Shaleen kuier op die superluukse Rovos Rail.

 

In die 1980s het sy in Die Swerfjare van Poppie Nongena en Hallo en Koebaai(waarvoor sy ’n Fleur du Cap-toekenning verwerf het) gespeel en in 2012 inRondomskrik. Of dit nou op die verhoog is, ’n sepiestel of rolprente soos die treffende Fiela se Kind, Hoofmeisie en Knysna, steel Shaleen harte oral waar sy gaan.

Shaleen het in die eerste episode van VeranderDinge tydens ‘n rit op die superluukse Rovos Rail vir Ruda oor die groot veranderinge in haar lewe vertel – haar stryd met diabetes, ligte beroerte, die dood van haar ma, wat ‘n integrale rol in haar lewe gespeel het. Vind meer uit wat Shaleen te sê het oor ouerword.


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *