Patricia de Lille: “Hou op kla, en doen iets!”

Patricia_FEATPatricia de Lille onverskrokke sin van geregtigheid het haar van ‘n laboratorium by ‘n verffabriek, tot die onderhandelingstafels van Codesa geneem. En van Codesa af het sy gevorder tot die parlement, waar haar betrokkenheid by die oopvlek van die wapenskandaal haar posisie in Suid-Afrika se politieke landskap verder verstewig het.

Deesdae ken ons Patricia as die burgermeester van Kaapstad – en as mens so na hierdie onderhoud met Ruda Landman luister, klink sy nét so vuur en vlam oor reg en verkeerd en Suid-Afrika se toekoms as wat sy tydens die oorgangstydperk geklink het. Daar’s net een ding wat verander het: Die haat in haar hart is iets van die verlede. Luister. En geniet!

Transkripsie:

Ruda: Hallo. Baie welkom by Ruda gesels en dankie aan BrightRock vir die borgskap. Vanaand gaan sit ek saam met Patricia de Lille, pas herverkies as Kaapstad se burgermeester. Ons praat nie politiek nie, ons loop terug op haar lewenspad en gaan soek die draaipunte toe die rigting verander het. Dit het in 1951 in die Karoo begin.

Ruda: Beaufort-Wes in die 1950s en 1960s … skets ’n prentjie?

Patricia: Wat ek nog altyd onthou van Beaufort Wes en baie dae  mis is daai oop vlaktes – jy kan so ver sien as wat jy kon met jou oog. En ons het langs die N2 hoofweg gebly en ons het op ’n Sondagmiddag op die voorstoep gesit om die karre dop te hou wat daar verby ry. Maar 1951  was dit natuurlik ook waar die skeiding plaasgevind het. Waar die mense moet die potlood toets gedoen het. En my pa en my pa se familie, my ma se familie is daardeur gesit.

Ruda: Ek dink nie mense sal onthou nie.Wat bedoel jy met dit?

Patricia: Jy weet hulle het ’n potlood gevat en in iemand se hare gesit en dan het jy op die een been gestaan en jou kop geskud. My pa het altyd ’n grap daarvan gemaak want hy het baie dun, fyn hare gehad. En wat gebeur het is dat twee van my ma se broers is blank verklaar, een is swart verklaar en my ma is nou natuurlik gekleurd of gemeng verklaar en my pa ook.

RUDA: Alles afhangend nou of die potlood uitval of vassit?

Patricia: As die potlood vassit dan was jy swart verklaar. Dan kry jy ook dadelik ’n kaartjie wat hulle genoem het “Dompas” jy moet ’n belasting gebetaal het elke maand om daar te bly. En ons almal het gebly in die lokasie van Beaufort Wes. Dis waar ek gebore is. Jy weet daai jare is nie hospitale nie, hulle het mos laat die vroedvrou kom na die huise toe. En toe het hulle die mense begin verdeel. Toe het hulle Rusdene gebou vir die bruin mense. Die swart mense moes bly in die lokasie en dan het hulle ’n soort van middelklas area gebou wat genoem was Nuweland en omdat my pa ’n skoolonderwyser was het ons ’n huis gekoop in Nuweland. So dit is wat in die 50 jare gebeur het en ek dink dit dis hoe Beaufort Wes ook later aan uitgegroei het.

Ruda: Jy het toe by ’n verffabriek gaan werk en ’n vakbondleier geword. Daai agtergrond moes saam met jou saamgegaan het?

Patricia: Een dag op die 15de Desember, die afbreek dag wat almal op vakansie kan gaan, toe het die voorman van die fabriek , het hy iets gereël vir die werkers. Maar hy het drie van die groot ses bottel kanne gekoop, jy weet wat jy so aan die oor vat? Net so groot, wyn, en dit het daar gestaan op die warm sement met daai foam bekertjies en hulle het dat hulle geld gekry het, en dan ’n dop gekry end dan het hulle gewaai. Dis nou wat hulle vir hulle reel vir die einde van die jaar. En ek kyk so deur my venster en ek is in die labarotorium en ek dink mense, dit is nou nie reg nie. En ek gaan daar uit, maar net ek is nog nie ’n jaar by die werk nie en ek gaan daar uit en ek se vir hom, maar jy kan nie vir die mense warm drank gee nie. Sal jy warm drank drink? Maar hy kyk my met sulke groot oë. Toe het ek besluit, hier gaan ek nie meer stilbly nie. En toe het ek uitgegaan en ’n vakbond gaan soek en die Suid-Afrikaanse chemiese vakbond gekry en toe sukkel ek want jy moes 50% plus een werker kry wat aansluit en nou kry jy, dit het my so drie vier maande gevat. . En toes ek nou die hoof, shopsteward en dit het baie werk geverg en my weggevat van my gewone werk af. Maar dis waar ek dink die fondasie gelê is vir regverdigheid maar later ook, om later in die politiek in te gaan.

RUDA:  Wel dis organisasie … Jy’t absolute “grassroots” ondervinding op gedoen.

Patricia:  Jy weet, vakbonde was die enigste wettige organisasies in daardie jare. Al die politieke partye was verban. Baie van die nieregeringsorganisasies was verban. Die media mense was … daar was niks vryheid  gewes nie. So om aan die vakbonde te behoort dit was daai tyd die enigste uitblaa kans om al daai opgehoopde kwaad wat jy deur middel van die vakbonde, kon jy dit uitspreek.

RUDA: En uiteindelik was jy toe een van die NACTU leiers wat in die PAC se vakbond federasie was. Hoe het jy die 1990 aankondigings, en die ontbannings … Hoe het jy dit ervaar?

Patricia: Jy weet ons het ook besef teen daardie tyd daar was ’n gevoel van hopeloosheid, mens het nie meer hoop gehad nie. En die “liberation” organisasies was ook verdeeld onder mekaar gewees. Daar was geen hoop in hel dat die armies van die liberation organisasies sal kan aanvat van die Apartheids regering nie. Daar was nie ‘n manier. So ons het maar gesing We are marching to Pretoria en ons gaan ons weg oop skiet na Pretoria toe, maar ons het geweet dit kan nooit gebeur nie. En toe De Klerk daardie toespraak maak, toe voel ons almal dat hier is nou ’n geleentheid. Nou ons kan nou opmors en voortgaan om te wil baklei en re beveg, maar ons het besef maar ons mense is moeg. So daai was ‘n groot dag, groot dag in die geskiedenis van ons land.

RUDA: JA, want toe het jy kort daarna die leier van die PAC se afvaardiging na CODESA toe geword. So dis van “One settler, one bullet” tot onderhandeling en kompromis. Jy sê daar was ’n doelbewuste keuse? Hier is ‘n geleentheid, kom ons gryp dit aan.

Patricia: Op ‘n persoonlike vlak was dit vir my ‘n heeltemale ommeswaai. Jy weet ek was baie kwaad. Ek was baie dapper. Ek kon wit mense nie verdra nie en tog het die PAC ons geleer dit is nie wit mense wat jy mee kwaad moet wees nie, dit is die stelsel. Die stelsel van Apartheid.

RUDA: Ja maar dis ’n moeilike onderskyding om te maak, veral emosioneel.

Patricia: Toe ons nou by Kempton Park kom en die onderhandelinge begin het ek eers gestoei en vir die PAC gesê, nee, moenie deelneem nie ons gaan onse tyd mors en alles. En omdat my mond altyd die grootste was toe sê hulle eendag vir my, maar JY gaan Kempton Park toe – oe dis seker my straf nou. So daardie persoonlike ondervinding om daardie selfde kamer te sit met die mense wat jy haat en jy dink al hierdie verkeerde dinge te doen en ek kan onthou daardie eerste dag wat ek daar instap en ek sien Pik Botha en ek sien vir Roelf Meyer – ek het nooit die mense persoonlik gesien nie – en hulle sit net daar en jy sit hierdie kant van die tafel. Weet jy, ek moes later uitstap en myself knyp en voel of is ek regtig in dieselfde kamer met hulle? Maar jy moet maar vir jouself sê wat sit jy eerste? Jou land. En die mense van jou land. Suid-Afrikaners is wonderlik mense, wonderlike land en ons is verskillende kleure. So dit het my geleer om my haat, die wat ek gehaat het in my hart om dit te begin verwerk en stadig … Maar die persoon wat my baie aan my hand gevat het en baie moed ingepraat het was ons Deputy Chief Justice, Dikgang Moseneke. Hy was my mentor.

RUDA: JA want hy was mos ook in die PAC, destyds?

Patricia: Hy was die jongste persoon, hy was 15 jaar toe hulle hom Robben Island toe gestuur het. En hy het dit oorkom en hy het vir my mooi gepraat en vir my gesê Patricia, ons moet dit doen vir onse land. So dit was nogal ’n ondervinding gewees. Maar hulle het mos die een reël gehad, dit moet een man en een vrou van al die parties, van al die deelnemende partye wat daar gewees het. En so het ons, vir twee jaar het ek amper soos in exile gewees het in Johannesburg. Party naweke huistoe gekom, party naweke nie. Maar ek het toe later beginne gesels met die mense.

RUDA: En uitgevind hulle is ook maar mense?

Patricia: Ja, maar weet jy wat, dis hoe ek vir eerste keer in my lewe nê, hy is ook regter, Regter Deon Basson, nou hy en Dikgang Moseneke was groot vriende gewees. En vir die eerste keer in my lewe het ek in blanke mense se huis oorgebly vir ’n hele volle naweek. En dit het my laat besef dat ons is almal dieselfde. Ons is nou wel al die jare geskei van mekaar af en ek is die peetma van twee van hulle kinders – dis eintlik waar ek my eerste blootstelling gekry het aan Afrikaner mense waar dit, jy nie skuldig gevoel het nie, dat ons mag nie in dieselfde huis wees wat ons in bly nie. En dit het my nogal baie geleer.

RUDA: Eerste keer toe in Parlement instap. 1994?

Patricia: Oe. Dit was nog moeiliker gewees. Jy weet jou hele lewe baklei jy teen hierdie Parlement. Elke jaar by die opening van Parlement is daar ’n optog. En nou skielik is jy part van hierdie  Institution. Wat doen jy hier? Wat maak ons hier? En hulle gee vir jou ’n reëlboek wat net so dik is en ek hou nie van reëls nie. Ek sal die wette eer, maar ek glo reëls moet gebreek word. Toe moet ek nou vir iemand gaan soek wat die reëls ken en sy naam was Meneer Hartnek gewees. Hy was jare in die Parlement gewees en ek stap daar in en ek klop aan die deur en ek sê: “More More kan ek binne kom?” En hy sien nou vir my. Maar daai vrees in die man se oë, want dis nou die One Settler One Bullet lid wat nou hier inloop. En ek sê vir hom, jy weet wat, ek is nou hier en kan jy asseblief help, wys my net wat is die belangrikste van die reëls wat ek moet onthou en wat ek moet ken want ek is nie bereid om alles te leer nie. En sowaar, ons het nou, nou, vriende geword. Daai man het my hand gevat deur die reëls. Almal het maar gedink ek is slim maar ek was g’n so slim nie. Alles wat ek wou geweet het, het ek na Mr Hartnek toe gegaan.

Ek sal nooit onthou nie, daai tyd toe rook ek nog, en ek is buitekant en ek het altyd vir meneer de Klerk vermy – ek wou hom nie naby my sien of groet nie. En daar staan hy met ’n sigaret en ek staan die kant met ’n sigaret en hy kom oor na my toe en hy vra mevrou de Lille, mag ek jou hand skud? Ek sit toe maar my sigaret in die hand en ek sê ja. En daar lag ons met mekaar vir die eerste keer. Dit was die eerste keer en toe’s ons al seker 6 maande in die Parlement in.

RUDA: Praat van die rook. Jy’t baie skielik opgehou. Vertel my daai storie

Patricia: My stem het net begin hees word. En ek het krapperig gevoel in my keel. En toe gaan ek dokter toe. Na Dokter Fagan toe.  En hy sê toe vir my daar’s groeisels op my stembande. En hy sal dit moet verwyder. En toe hulle dit nou verywder en op daai dag, toe sê hy vir my dis kanker. En toe moes ek gaan vir bestraling vir ses weke, elke dag, en toe verloor ek heeltemal my stem. Ek het so klein bietjie stem in die oggend gehad, maar dan besef jy. Weet jy, ek het altyd gedink ek kon maklik drie stede in een dag besoek om probleme op te los reg oor die land. Dan besef jy as jy nie ’n stem het nie, die wêreld gaan aan sonder jou. Jy moet na jouself ook kyk. Daarvandan het ek besef as dit by jou gesondheid kom, niemand anders help jou nie, jy moet dit self doen.

Ruda:  Julle luister na Ruda gesels, en my gas is vanaand Patricia de Lille.  Ons is net hierna terug.

Ruda: Welkom terug by Ruda gesels. Ons tel Patricia de Lille se storie op nadat sy groeisels op haar stembande moes laat verwyder – maar sy kon nie ophou praat nie.

RUDA: Omtrent dieselfde tyd, hier rondom 1999, was jy die drywer van pogings om wapenskandaal oop te vlek.  Hoe het dit persoonlike vlak geraak? Want dit was ’n lelike geveg.

Patricia: Ek was baie agterdogtig toe hulle my nader met die informasie. Ek dink, hoekom vir my … As dit nou nie waar is nie …

RUDA: Was dit nou fluitjieblasers binne die Department?

Patricia: Dit was ANC LPs en so twee ander mense wat ook saam met hulle gekom het. En dis hoekom ek agterdogtig geword het.Toe sê maar hoekom kies julle vir my. Toe se hulle ek is die enigste een wat hulle kan vertrou en wat sal die moed het om dit uit te blaas.

Nou ek het natuurlik verwag wat agterna gevolg het nie. Maar daai dag toe ek inloop by die Parliament toe sê ek vir myself, ek kan nie nou meer terugdraai nie. Ek doen dit vir my land. Ek moet nou maar die gevolge vat wat kom daarmee. Wat daarna gevolg het vir twee jaar, vir twee jaar, kon daar nie ’n stukkie bewys uitkom wat kon gepoog het om wat ek gesê het by te staan nie. Tot weereens in September maand in 2001 toe kom die Ouditeur Generaal se verslag uit wat bevestig dat daar wel korrupsie was. So vir twee jaar doodsdreigemente, hulle volg my ooral wat ek gaan.  Thabo Mbeki het op Nasionale Televisie gegaan en gesê dat ek moet die bewyse bring en hy het vir my en regter Willem Heath aangevat en daardie selfde aand wat hy op nasionale televisie was, daai selfde aand toe kry ek my eerste doodsdreigement.  En toe moet ek na die polisie gegaan het om ’n klag te gaan le, en dit het ook twee jaar gevat voor hulle daarby uitgekom het. Maar jy weet, ek het vasgebyt en die dag toe ek in die Hooggeregshof staan in Durban en regter Squires vra vir my, nou hoekom het jy dit gedoen? Toe sê ek vir hom, ek het dit gedoen, omdat ek lief is vir my land. En as ek dit weer moet doen, sal ek dit weer doen. So vir my was dit eintlik daai jare, ek sal dit nooit vergeet nie. Maar wat baie, daai bittersoet smaak toe dit nou uiteindelik bewys is dat ek was reg, niemand kan daardie oomblik verruil vir my nie.

RUDA: Toe stig jy in 2004 jou eie party en julle wen in die eerste verkiesing sewe setels. Vertel daar, van die verkiesing?

Patricia: Ek was baie onrustig, nog al my lewe lank. Jy weet. Na ons nou die nuwe grondwet geskrywe het, ons het nou al die regte in die Grondwet, sit ek daar eendag in die parlement, en ek lees so deur die Grondwet, Vryheid van assosiasie, vryheid van spraak. Al die Vryheid wat ons het en ek sê vir myself, weet jy wat, ek wil graag … hierdie wette beteken eintlik niks as ons dit nie opeis nie. Ek wil een van daardie regte opeis vir my. Ek wil die eerste vrou wees in onse nuwe demokrasie wat ’n politieke party begin en wat setels wen op nasionaal, provinsiaal en plaaslik. Dit het my so ’n jaar gevat en toe besluit ek, nee maar dis wat ek wil doen. Ek wil ’n punt bewys dat ’n vrou kan dit ook doen. En toe gaan ek uit en ek staan in 2004 en ek sal die aand sê daar in Pretoria, daar by die resultatesentrum om daar te sit om daai resultate te sien inkom. Ek was moeg, maar ek kon nie slaap daai aand nie. Want ek het deur die hele land gereis, ek het 5 000 mense gerecruit in elkeen van die nege provinsies in ’n jaar se tyd. Mense het gesê daai vrou is mal om ’n politieke party te begin ’n jaar voor die verkiesing. Maar elke oggend as ek opstaan en ek sê my gebede, dan sê ek vir myself, ek gaan vir julle wys ek gaan dit doen. So ek het dit behaal en ek voel trots daarop, dit was nie maklik nie. Jy weet, ek moes twee lenings moet uithaal op my huis se verband om die party aan die gang te hou.

RUDA: Dit was regtig ’n persoonlike ding.

Patricia: Dit was ’n persoonlike ding. En toe ek dit behaal het, toe besluit ek ek gaan nou my gewig ingooi met opposisie partye om ’n alternatief te bou te nou.Want as ons sê, moenie vir die ANC stem nie, dan moet ons – en ek glo nou nog – as jy die alternatief bou, dan sal die mense stem vir dit. En so het ek en Helen begin vriende word en gesels, en die res is history.

Ruda: En toe, in 2011, toe’s daar drie ander mense wat in die DA staan vir die burgermeesterspos, en jy wen? Vertel?

Patricia: Jy weet, dit is ook ’n ander besluit. Dit is persoonlike besluit vir my gewees. Ek is aangestel as die Minister van Sosiale Ontwikkeling en ek het dit geniet. Maar die Stad is toe meer aantreklik vir my want  dan het ek ’n hele regering – nie net een department nie. En ek het so halwe miljoen cut gevat in my salaris, maar ek het gesê geld maak nie saak nie. Ek wil, ek wil daar wees want ek voel toe dan het ek vol sirkel gekom. Dis hier in die stad waar ek begin klippe gooi het, waar ek getoyi-toyi het en deel van die stryd teen Apartheid was, en dit sou vir my ’n groot eer wees om die Stad te dien.

Ruda: Veertig jaar getroud – hoe vir Edwin ontmoet?

Patricia: Ek was baie lief vir dans. Ek kan nie sing nie – wens ek kon gesing het, maar ek is baie lief vir dans. Ek het modern jazz klasse gedoen, ek het ysskaats gedoen, ek het tennis gespeel, ek het squash gespeel. Ek was baie sport aktief – maar ek het baie gehou van dans. Toe een Vrydag aand, toe bly ons in Bellville in, en net so twee strate weg was daar ’n Swannies Inn gewees. En ek en my susters stap toe oor, sonder toestemming van my Pa en ons gaan dans. En dit was toe ’n fabriek se dans wat daar gewees het. En ek sien die man sit so stil daar en ek dink, hoe kan jy dans toe kom en so sit. Jy weet daai tyd het jy gewag vir iemand om jou te kom vat vir ’n dans, jy kon nie net staan en dans nie. Maar die man het net daar in die hoek gesit en later aan toe kom ’n vriend van my my voorstel aan hom.  En ek vra vir hom, dans jy nie? En hy sê nee, hy’t maar net gekom om vir hulle te ondersteun. En hy sê vir my kom ons gaan sit daar en ons drink ‘n drankie. En ons beginne gesels toe. Maar nou elke keer dan kyk hy my so, amper as hy so deur jou wil kyk na wie is jy en wat is jy. Daar is nie selfone gewees daai tyd nie en toe die dans oor is, toe vra hy my nommer en so week later, toe kry ek die oproep om my te vra of wil ek nie saam met hulle gaan na nog ’n funksie nie. En daarvan af het ons net beginner vriende word.

Ruda: Hoe hanteer hy jou politieke loopbaan? Want hy is heeltemal op die agtergrond.

Patricia: Jy sien die sukses van my huwelik lê daarin dat ek het nie vir hom probeer maak wat ek is nie, en hy het nie probeer my maak soos wat hy is nie. Hy is baie introvert. Hy lees baie. Hy hou van televisie kyk. Maar nooit, nooit in my pad gestaan om enigiets te doen nie. Ek het nooit gevra vir toestemming nie. Ek het gese ek is nou deel van die vakbonde, ek is weg die naweek of ek is weg vir ses weke, ek gaan studeer in Londen in, en hy het die huis oorgevat. Want ons het ’n reël gehad – die een wat eerste by die werk uitkom, begin te kook. Dan het ek maar altyd laat gekom. En op die ou end het hy die hele huishulp en huishouding oorgevat. So ons ondersteun mekaar.

Ruda: As jy self terugkyk oor jou lewe. Wat was miskien die grootste veranderingsmoment?

Patricia: Ek het altyd vir myself gesê, ons besef nie hoe gelukkig ons is as hierdie huidige, generasie om deur al hierdie veranderinge te gaan nie. En om ’n part te wees van daardie veranderinge. Want baie mense voor ons is dood, en generasies baie mense het uit gegaan in exile en nooit weer teruggekom nie. Soos ons is amper daai verkose lot generasie. En vir my om part te wees van dit en jy is so lief vir hierdie land – ek sal Suid-Afrika vir niks verruil nie. Maar jy weet, ons land is besig om een tree vorentoe en twee agtertoe, en dit bekommer my.

Ruda: En jy voel jy kan nog iets daaraan doen?

Patricia: Jy weet, ons moet die verlede eer. Eer die verlede, onthou die verlede, maar hier is ’n geleentheid om self die toekoms te ontwerp sodat ons nie dieselfde foute maak wat ons gemaak het in die verlede nie. En daar lê die angs binne my wat my laat voel ek moet nog voortgaan – my job is nog nie klaar nie. Daar’s nog baie meer om te doen, die toekoms van hierdie land word bedreig. En ek wil graag meer Afrikaners sien – in plaas van om net om die braaivure en in julle sitkamers te sit en kla, doen iets. Doen iets! Ons elkeen het ’n plig om iets te doen.

Ruda:  Ware woorde van Patricia de Lille. As ’n mens so oor die laaste halfeeu terugkyk saam met iemand soos sy besef jy darem weer hoe ver ons gekom het – al is daar nog so ver om te gaan en soveel om te doen. Volgende week het ek ’n groot verrassing. Skryf dit sommer nou al in die dagboek. Dankie aan ons borg, Brightrock, en mooi loop tot volgende keer.